Numbers 20:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Moses en Aäron het die vergadering voor die rots bymekaar laat kom en vir hulle gesê: Luister tog, julle wederstrewiges! moet ons vir jou water uit hierdie rots gaan haal? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses en Aäron het die mense by die rots bymekaargekry. “Luister, julle opstandige mense,” het hy vir hulle gesê. “Moet daar vir julle water uit die rots kom?” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Moses en Aäron het die vergadering voor die rots laat byeenkom, en hy het vir hulle gesê: Hoor tog, julle wederstrewiges, moet ons vir julle water uit hierdie rots laat vloei? |
| Afrikaans 1983 | en hy en Aäron het die volk by die rots laat bymekaarkom. Moses het vir hulle gesê: “Luister, julle wat julle teen die Here verset! Luister! Moet ons vir julle water uit hierdie rots laat kom?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het Moses en Aäron die geloofsgemeenskap voor die rots bymekaar laat kom, en vir hulle gesê: “Luister nou, opstandiges! Moet ons uit hierdie rots vir julle water laat kom?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en hy en Aäron het die volk bymekaargeroep voor die rots. Moses het vir hulle gesê: “Julle moet luister, julle wat so opstandig is! Moet ons vir julle water laat kom uit hierdie rots?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | en hy en Aäron het die volk by die rots laat bymekaarkom. Hy sê toe vir hulle: “Luister hier, julle klomp skoorsoekers, moet ons vir julle water uit hierdie rots uit laat kom?” |