Numbers 20:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het die kinders van Israel, die hele vergadering, in die woestyn Sin in die eerste maand gekom, en die volk het in Kades gebly; en Mirjam het daar gesterf en is daar begrawe.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Israeliete het in die vroeë lente in die Sinwoestyn aangekom. Hulle het by Kades kamp opgeslaan. Mirjam is daar dood en begrawe.
Afrikaans 1933/1953 En toe die kinders van Israel, die hele vergadering, in die woestyn Sin kom, in die eerste maand, het die volk in Kades gebly. En Mirjam het daar gesterwe en is daar begrawe.
Afrikaans 1983 Die hele volk Israel het in die eerste maand in die Sinwoestyn aangekom en toe by Kades oorgebly. Mirjam is daar oorlede en is ook daar begrawe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Israeliete, die hele volksvergadering, het in die eerste maand in die Tsinwoestyn aangekom. Die volk het in Kades gebly. Mirjam het daar gesterf, en sy is daar begrawe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Israeliete, die hele volk, het in die eerste maand in die Sin-woestyn gekom. Hulle het by die stad Kades gaan woon. Mirjam het daar gesterf, en hulle het haar daar begrawe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vroeg in die lente het die Israeliete in die Sinwoestyn aangekom en by Kades oorgebly. Mirjam is daar dood en hulle het haar toe daar begrawe.