Numbers 19:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En 'n man wat rein is, moet die as van die vers bymekaarmaak en dit buitekant die laer op 'n rein plek neerlê, en dit moet bewaar word vir die vergadering van die kinders van Israel as 'n water van skeiding; dit is 'n reiniging vir sonde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Iemand wat rein is, moet dan die as van die koei bymekaarmaak en dit buite die kamp op ’n plek gaan uitgooi wat daarvoor eenkant gesit is. Dit sal daar gehou word vir die gemeenskap van Israel om in die water van die reinigingseremonie te gebruik. |
| Afrikaans 1933/1953 | En 'n rein man moet die as van die koei bymekaarmaak en buitekant die laer op 'n rein plek neersit, en dit moet vir die vergadering van die kinders van Israel bewaar word vir die reinigingswater: dit is 'n sondoffer. |
| Afrikaans 1983 | 'n Rein persoon moet die as van die koei bymekaarmaak en dit buitekant die kamp op 'n rein plek bêre. Die as is tot beskikking van die gemeente van Israel om in reinigingswater te gebruik. Die koei is 'n sondeoffer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Man wat •rein is, moet die as van die koei bymekaarmaak en dit buitekant die kamp op 'n rein plek neersit. Dit moet vir die volksvergadering van die Israeliete in bewaring gehou word as reinigingswater. Dit is 'n •reinigingsoffer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Iemand wat rein is, moet die koei se as bymekaarmaak en hy moet dit buite die kamp op 'n rein plek sit. Die volksvergadering van Israel moet die as gebruik wanneer hulle water wil gereedmaak wat mense rein kan laat word. Die koei is 'n sonde-offer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Rein persoon moet dan die as van die koei bymekaarmaak en dit buite die kamp op ’n skoon plek gaan bêre. Die Israeliete moet hierdie as saam met die reinigingswater gebruik. Die doel van hierdie ritueel is om vir hulle sonde vergifnis te vra. |