Numbers 19:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy wat haar verbrand, moet sy klere in water was en sy vlees in water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die persoon wat die koei verbrand het, moet ook sy klere en homself met water was. Hy is ook onrein tot die aand toe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook die een wat haar verbrand het, moet sy klere in die water was en sy liggaam in die water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees. |
| Afrikaans 1983 | Die persoon wat die koei verbrand, moet self ook sy klere was en hom bad, en hy sal ook die res van die dag onrein wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die een wat haar verbrand, moet sy klere met water was en sy liggaam met water afspoel. Hy is tot die aand onrein. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die persoon wat die koei verbrand het, moet ook sy klere was en hy moet bad. Hy sal ook tot die aand onrein wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die persoon wat die koei verbrand het, moet ook sy klere was en bad. Hy is ook vir die res van die dag onrein. |