Numbers 19:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan moet die priester sy klere was en sy vlees in water bad, en daarna moet hy in die laer ingaan, en die priester moet tot die aand toe onrein wees.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die priester moet dan sy klere en homself met water was. Daarna kan hy na die kamp toe teruggaan. Die priester is egter onrein tot die aand toe.
Afrikaans 1933/1953 Dan moet die priester sy klere was en sy liggaam in die water bad, en daarna mag hy in die laer kom; en die priester sal tot die aand toe onrein wees.
Afrikaans 1983 Dan moet hy sy klere was en hom bad. Daarna mag hy in die kamp kom, maar hy sal die res van die dag onrein wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die priester moet dan sy klere was en sy liggaam met water afspoel; daarna mag hy in die kamp ingaan. Die priester is egter •onrein tot die aand.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna moet hy sy klere was en hy moet bad. Dan mag hy in die kamp kom, maar hy sal tot die aand onrein wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna moet die priester sy klere was en bad voordat hy weer mag teruggaan kamp toe. Hy is egter vir die res van die dag nie geskik om diens te doen in die tent nie.