Numbers 19:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En iemand moet die koei voor sy oë verbrand; haar vel en haar vlees en haar bloed met haar mis moet hy verbrand;
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl hy toekyk, moet die vel, die karkas, die bloed en die binnegoed verbrand word.
Afrikaans 1933/1953 Daarna moet hulle die koei voor sy oë verbrand; haar vel en haar vleis en haar bloed, saam met haar mis, moet hulle verbrand.
Afrikaans 1983 Die koei moet dan in Eleasar se teenwoordigheid verbrand word. Hulle moet haar vel, vleis en bloed saam met haar pensmis verbrand.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koei moet voor sy oë verbrand word. Haar vel, haar vleis en haar bloed moet saam met haar pensmis verbrand word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna moet hulle die koei verbrand, Eleasar moet ook daar wees. Hulle moet die vel en die vleis en die bloed verbrand saam met die pensmis.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna moet die koei voor Eleasar verbrand word, vel, vleis, bloed en binnegoed alles saam.