Numbers 19:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En alles wat die onreine aanraak, sal onrein wees; en die siel wat daaraan raak, sal tot die aand toe onrein wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Enigeen aan wie die persoon wat onrein is vat, sal ook onrein wees tot die aand toe.”
Afrikaans 1933/1953 Ja, alles waar die onreine aan raak, sal onrein wees; en die persoon wat aan hom raak, sal tot die aand toe onrein wees.
Afrikaans 1983 Enigiets waaraan 'n onrein persoon raak, sal onrein wees, en enigiemand wat aan hom raak, sal die res van die dag onrein wees.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Alles waaraan die onreine raak, is onrein; en die persoon wat aan hom raak, is onrein tot die aand.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Elke ding waaraan 'n onrein persoon raak, word ook onrein, en die persoon wat aan so 'n ding raak, is onrein tot die aand.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Enigiemand of enigiets waaraan ’n onrein persoon raak, bly vir die res van daardie dag onrein.”