Numbers 19:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die man wat onrein sal wees en homself nie reinig nie, dié siel moet uit die vergadering uitgeroei word, omdat hy die heiligdom van die HERE verontreinig het; die water van skeiding is nie op hom gesprinkel nie; hy is onrein. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Iemand wat onrein geword het en nie hulleself reinig nie, sal uit die gemeenskap verwyder word. Hulle het die Here se tabernakel onrein gemaak. Daar is nie reinigingswater oor hulle gesprinkel nie. Hulle bly onrein. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as iemand onrein word en hom nie ontsondig nie, dan moet die siel uitgeroei word uit die vergadering, want hy het die heiligdom van die HERE verontreinig: reinigingswater is op hom nie uitgegooi nie, hy is onrein. |
| Afrikaans 1983 | As iemand onrein is en hy hom nie reinig nie, moet hy van die gemeente afgesny word. Hy het die heiligdom van die Here ontwy, die reinigingswater is nie oor hom gesprinkel nie en daarom bly hy onrein. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘As iemand wat onrein is, homself nie reinig nie, sal daardie persoon uit die geloofsgemeenskap verwyder word, want hy het die heiligdom van die Here verontreinig. Die reinigingswater is nie op hom gesprinkel nie; hy is onrein. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Wanneer iemand onrein geword het en hy reinig homself nie, dan moet hulle hom afsny van die volksvergadering, want hy het die tempel-tent van die Here onrein laat word. Hy is onrein, want iemand het nie van die water op hom gespat wat hom rein kan laat word nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “As iemand wat onrein is homself nie op dié manier gereinig het nie, moet hy uit die midde van Israel weggejaag word, want hy het die Here se heilige tent met sy eie onreinheid besoedel. Daarom mag hy nie meer as ’n Israeliet behandel word nie. |