Numbers 19:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is die insetting van die wet wat die HERE beveel het deur te sê: Spreek met die kinders van Israel dat hulle vir jou 'n rooi koei sonder vlek bring, waaraan geen gebrek is nie, en waarop geen juk gekom het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Hier is nog ’n opdrag wat die Here bepaal het: Sê vir die Israeliete hulle moet ’n gesonde rooi koei vat wat geen foute het nie. Sy moes ook nog nooit onder ’n juk ingespan gewees het nie.
Afrikaans 1933/1953 Dit is die wetsinsetting wat die HERE beveel het deur te sê: Spreek met die kinders van Israel dat hulle vir jou 'n rooi koei sonder gebrek bring waar geen liggaamsgebrek aan is, waarop geen juk gekom het nie.
Afrikaans 1983 “Ek gee ook hierdie voorskrif vir julle: Sê vir die Israeliete hulle moet vir jou 'n rooi koei bring. Die koei moet sonder liggaamsgebrek of letsel wees en sy mag ook nie in 'n juk getrek het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Dit is 'n vaste wetlike voorskrif wat die Here beveel het, ‘Sê vir die Israeliete hulle moet 'n rooi koei sonder gebrek vir jou bring, een waaraan daar geen liggaamsgebrek is nie en wat nog nie onder die juk was nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Daar is iets wat Ek wil hê julle moet altyd doen: Jy moet vir die Israeliete sê hulle moet vir jou 'n gesonde rooi koei gee. Daar moenie 'n merk of 'n seerplek aan haar wees nie en sy moet nog nooit 'n juk gedra het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Gaan sê vir die Israeliete hulle moet vir julle ’n koei bring wat rooi van kleur is. Die koei mag nie kruppel of vermink wees nie en sy mag ook nog nooit enige werk gedoen het nie.