Numbers 19:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En 'n rein mens moet hisop neem en dit in die water doop en dit sprinkel op die tent en op al die voorwerpe en op die mense wat daar was, en op hom wat 'n been of een wat verslaan is, of een aangeraak het in dood, of 'n graf:
Afrikaans (NLV) 2011 Iemand wat rein is, moet ’n hisoptakkie vat en dit in die water doop. Hy moet daarvan teen die tent sprinkel en oor alles wat daarin is en oor enige mens wat daarbinne was. Hy moet dit ook sprinkel oor iemand wat aan doodsbeendere gevat het, of verontreinig is deur iemand wat vanself dood is of aan ’n graf gevat het.
Afrikaans 1933/1953 en 'n rein man moet hisop neem en dit in die water insteek en op die tent sprinkel en op al die goed en op die persone wat daar gewees het; ook op hom wat aan 'n doodsbeen of aan een wat verslaan is, of aan 'n dooie of aan 'n graf geraak het.
Afrikaans 1983 Dan moet iemand wat rein is, 'n hisoptakkie in die water doop en die water sprinkel oor die tent, oor al die gebruiksvoorwerpe en oor die mense wat by was. Dieselfde moet gebeur met iemand wat aan doodsbene geraak het of aan die lyk van iemand wat doodgemaak is of aan iemand wat gewoon gesterf het of aan 'n graf.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Rein persoon moet 'n marjoleintakkie neem en in die water doop. Dan moet hy dit sprinkel oor die tent en al die gebruiksvoorwerpe en ook oor die persone wat daar is – oor iemand wat aan 'n menslike been of aan 'n gesneuwelde of aan 'n dooie of aan 'n graf geraak het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna moet iemand wat rein is, 'n hisop-takkie neem en hy moet dit in die water druk. Dan moet hy die water spat op die tent en op al die goed in die tent en op elkeen wat geraak het aan 'n dooie mens se bene of aan die dooie liggaam van iemand wat in oorlog gesterf het, of wat geraak het aan die dooie liggaam van iemand anders of aan 'n graf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan moet iemand anders wat rein is, ’n hisoptakkie vat en dit in die water druk. Met hierdie takkie moet hy dan van die water oor die tent sprinkel, en oor al die voorwerpe en houers in die tent en ook oor die mense wat betrokke was. Dieselfde prosedure moet gevolg word in die geval van iemand wat aan ’n lyk, iemand wat vermoor is, ’n geraamte of ’n graf geraak het.