Numbers 19:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En vir 'n onreine moet hulle van die as van die verbrande koei van reiniging vir sonde neem, en lopende water moet daarop in 'n houer gegooi word.
Afrikaans (NLV) 2011 “Vat van die as van die offer wat buite die kamp verbrand is, sit dit in ’n houer en gooi vars water daaroor uit om daarmee die onreinheid weg te vat.
Afrikaans 1933/1953 Vir die onreine moet hulle dan van die as neem van die sondoffer wat verbrand is, en daar vars water in 'n pot op gooi;
Afrikaans 1983 “Wanneer 'n persoon op hierdie manier onrein geword het, moet iemand van die as vat van die sondeoffer wat verbrand is, dit in 'n pot sit en vars water daaroor gooi.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dan moet hulle vir die onrein persoon van die verbrande reinigingsoffer se as neem, en lopende water in 'n kleipot daaroor gooi.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer iemand so onrein geword het, dan moet hulle van die as neem van die koei wat hulle verbrand het om 'n sonde-offer te wees en hulle moet water uit 'n fontein in 'n kruik gooi saam met die as.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “As iemand op hierdie manier onrein geword het, moet die persoon van die as van die offer vat wat vir mense se sondes geoffer word, dit in ’n pot sit en vars water daaroor gooi.