Numbers 19:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Elkeen wat aan die lyk van iemand wat dood is, aanraak en homself nie reinig nie, verontreinig die tabernakel van die HERE; en daardie siel moet uit Israel uitgeroei word; omdat die water van die skeiding nie op hom gesprinkel is nie, sal hy onrein wees; sy onreinheid is nog op hom.
Afrikaans (NLV) 2011 Iemand wat aan ’n lyk vat en homself nie reinig nie, maak die Here se tabernakel onrein. Hy sal uit die gemeenskap van Israel verwyder word. Omdat daar nie reinigingswater oor hom gesprinkel is nie, sal hy onrein bly.
Afrikaans 1933/1953 Elkeen wat aan 'n dooie raak, aan die lyk van 'n mens wat gesterf het, en hom nie ontsondig nie, verontreinig die tabernakel van die HERE, en die siel moet uit Israel uitgeroei word. Omdat geen reinigingswater op hom uitgegooi is nie, sal hy onrein wees; sy onreinheid is nog aan hom.
Afrikaans 1983 Elkeen wat aan die lyk van 'n mens raak en homself nie reinig nie, verontreinig die tabernakel van die Here. So 'n persoon moet van Israel afgesny word. Omdat die reinigingswater nie op hom gesprinkel is nie, is hy onrein, en bly sy onreinheid op hom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Elkeen wat aan 'n dooie raak, die liggaam van 'n mens wat gesterf het, en homself nie reinig nie, verontreinig die •tabernakel van die Here. Daardie persoon sal van Israel afgesny word. Omdat die reinigingswater nie oor hom gesprinkel is nie, is hy onrein. Sy onreinheid is steeds op hom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer iemand aan 'n mens se dooie liggaam raak en hy reinig homself nie, dan sal hy die Here se tempel-tent onrein laat word, en dan moet julle hom afsny van Israel. Niemand het die water oor hom gespat wat hom rein kan laat word nie, daarom bly hy onrein.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As iemand aan ’n lyk geraak het en homself nie op hierdie manier gereinig het nie, en hy kom by die tent waar Ek aanbid word, maak hy dit onrein. Dan moet die ander Israeliete hom wegjaag uit hulle midde, want hy bly onrein.