Numbers 19:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy moet hom op die derde dag daarmee reinig, en op die sewende dag moet hy rein wees; maar as hy hom op die derde dag nie reinig nie, dan sal hy op die sewende dag nie rein wees nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy moet homself op die derde en op die sewende dag reinig. As hy dit nie op die derde en sewende dag doen nie, sal hy onrein bly.
Afrikaans 1933/1953 Op die derde dag en op die sewende dag moet hy hom daarmee ontsondig -- dan sal hy rein wees; maar as hy hom op die derde dag en op die sewende dag nie ontsondig nie, sal hy nie rein wees nie.
Afrikaans 1983 Hy moet hom op die derde en die sewende dag met die reinigingswater reinig, dan sal hy rein wees. As hy hom nie op die derde en die sewende dag reinig nie, bly hy onrein.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So iemand moet homself op die derde en op die sewende dag met die water reinig, dan is hy rein. Maar as hy homself nie op die derde en op die sewende dag reinig nie, sal hy nie rein wees nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy moet homself reinig op die derde dag en op die sewende dag, dan sal hy rein wees. Maar as hy homself nie op die derde dag en op die sewende dag reinig nie, sal hy nie rein word nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So ’n persoon moet homself op die derde en die sewende dag met die reinigingswater was, en dan kan hy weer godsdienstige take verrig. Indien hy dit nie presies so doen nie, bly hy onrein.