Numbers 19:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy wat die as van die koei bymekaarmaak, moet sy klere was en tot die aand toe onrein wees; en dit moet vir die kinders van Israel en vir die vreemdeling wat onder hulle vertoef, 'n ewige insetting wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Die man wat die as bymekaargemaak het, moet ook sy klere was. Hy is ook onrein tot die aand toe. Dit is ’n onveranderbare voorskrif vir sowel die Israeliete as die vreemdelinge wat tydelik by hulle bly.
Afrikaans 1933/1953 En die een wat die as van die koei bymekaargemaak het, moet sy klere was en sal tot die aand toe onrein wees. En dit moet vir die kinders van Israel en vir die vreemdeling wat onder hulle vertoef, 'n ewige insetting wees.
Afrikaans 1983 Die man wat die koei se as bymekaargemaak het, moet ook sy klere was en hy sal die res van die dag onrein wees. “Dit is 'n vaste instelling vir die Israeliete en vir die vreemdelinge wat by hulle woon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die persoon wat die as van die koei bymekaarmaak, moet sy klere was, en hy sal tot die aand onrein wees. Dit is vir die Israeliete en vir die •vreemdelinge wat tydelike verblyf tussen julle het, 'n vaste voorskrif wat altyd geld.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die persoon wat die koei se as bymekaargemaak het, moet sy klere was en hy sal tot die aand onrein wees. “Die Israeliete en die vreemdelinge wat by hulle woon, moet altyd dit doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die persoon wat die koei se as bymekaargemaak het, moet ook sy klere was, maar hy sal ook vir die res van die dag onrein wees. Hierdie is ’n permanente gebruik wat geld vir die Israeliete en vir die mense van ander volke wat by hulle bly.”