Numbers 18:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit sal joue wees van die allerheiligste dinge wat van die vuur bewaar word: al hulle spysoffer, al hulle spysoffer en al hulle sondoffers en al hulle skuldoffers wat hulle aan My moet gee, sal die hoogste wees en heilig vir jou en vir jou seuns.
Afrikaans (NLV) 2011 Die dele van die heel heiligste offers wat nie in die vuur geoffer word nie, is joune. Daardie gedeeltes van die maaltydoffer, sonde-offer en skuldoffer wat die volk vir My bring, kom jou en jou seuns toe.
Afrikaans 1933/1953 Van die hoogheilige gawes, met uitsondering van wat verbrand word, moet d¡t joue wees: al hulle offers, naamlik elke spysoffer en elke sondoffer en elke skuldoffer van hulle, wat hulle My bring -- as iets hoogheiligs moet dit vir jou en jou seuns wees.
Afrikaans 1983 Die deel van die besondere gewyde gawes wat nie verbrand word nie, kom jou toe. Dit geld van al die offergawes wat die Israeliete vir My bring as besondere gewyde gawes, of dit graanoffers, sondeoffers of skuldoffers is. Dit behoort aan jou en jou seuns.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die volgende van die •besonder heilige gawes, dit wat nie verbrand word nie, is wat jou toekom: al hulle offers – al hulle •graanoffers, al hulle •reinigingsoffers en al hulle •hersteloffers wat hulle vir My bring. Die besonder heilige gawes kom jou en jou seuns toe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet die deel van die hoog-gewyde offers kry wat julle nie verbrand nie, dit is al die koring-offers, al die sonde-offers, al die skuld-offers. Dit is al die hoog-gewyde offers wat die Israeliete vir My bring. Jy en jou seuns moet dit kry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Selfs daardie dele van die spesiale offers wat nie heeltemal verbrand word nie, behoort aan jou en jou seuns. Dit sluit elkeen van die volgende soorte offers in: graanoffers, sondeoffers en skuldoffers.