Numbers 18:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE het met Aäron gespreek: Kyk, Ek het jou ook die diens gegee van my hefoffers van al die heilige gawes van die kinders van Israel; Ek het hulle aan jou gegee ter wille van die salwing, en aan jou seuns, volgens 'n ewige insetting.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het verder ook nog vir Aäron gesê: “Ek het jou aangestel om al die dinge wat die Israeliete vir My bring, te ontvang. Ek het bepaal dat dit aan jou en jou seuns behoort. Dit sal altyd so wees.
Afrikaans 1933/1953 Verder het die HERE met Aäron gespreek: Ek self het jou die diens van my offergawes gegee; wat betref al die heilige gawes van die kinders van Israel, aan jou gee Ek dit as aandeel en aan jou seuns as ewige insetting.
Afrikaans 1983 Die Here het vir Aäron gesê: “Ek het jou aangestel om toesig te hou oor die offergawes wat vir My gebring word. Ek gee aan jou en jou seuns 'n deel van al die gewyde gawes wat deur die Israeliete gebring word. Dit is 'n vaste instelling.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het vir Aäron gesê: “Wat My betref, kyk, Ek het aan jou die verpligting in verband met my •wydingsgeskenke toevertrou. Al die •heilige gawes van die Israeliete – aan jou en aan jou seuns gee Ek dit as 'n geskenk, as 'n deel wat hulle altyd moet kry.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het vir Aäron gesê: “Ek self het vir jou gesê jy moet kyk dat mense die regte offers vir My bring. Ek gee van nou af vir jou al die gewyde presente wat die Israeliete vir My bring. Dit sal altyd aan jou en jou seuns behoort, dit is wat julle moet kry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het vir Aäron gesê: “Ek het jou uitgekies om toesig te hou oor al die offers wat vir My gebring word. Al daardie dele van die offers wat nie heeltemal verbrand word nie, behoort aan jou en jou seuns. Hierdie reël geld vir altyd.