Numbers 18:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En kyk, Ek het julle broers, die Leviete, uit die kinders van Israel geneem; aan julle is hulle gegee as 'n geskenk aan die HERE, om die diens van die tent van samekoms te verrig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het self die Levistam uit al die Israeliete gekies om julle te help. Hulle is aan die Here afgestaan om die werk by die tabernakel te doen. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want Ek self het julle broers, die Leviete, onder die kinders van Israel uit geneem as 'n geskenk vir julle, mense wat aan die HERE gegee is om die dienswerk van die tent van samekoms te verrig. |
| Afrikaans 1983 | Ek het julle Levitiese ampsgenote uit die Israeliete afgesonder as my geskenk aan julle. Hulle behoort aan My vir die werk by die tent van ontmoeting. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wat My betref, kyk, Ek het julle broers, die Leviete, uit die Israeliete geneem as 'n geskenk vir julle. Hulle is aan die Here afgestaan om die werk by die Tent van Ontmoeting te doen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek self het julle familie, die Leviete, weggeneem tussen die Israeliete. Ek het hulle vir My geneem om die werk te doen by die tent waar Ek aan die Israeliete verskyn. Ek gee die Leviete vir julle om julle te help. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek gee die Leviete vir julle om julle te help. Hulle is opsy gesit om in die tabernakel vir My diens te doen. Hulle behoort aan My. |