Numbers 18:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En julle moet die diens van die heiligdom en die diens van die altaar waarneem, sodat daar geen toorn meer oor die kinders van Israel kom nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle moet self die dienswerk in die heiligdom en by die altaar doen. As julle aan hierdie reël hou, sal die Here nie weer in woede uitbars teen die Israeliete nie.
Afrikaans 1933/1953 En julle moet die diens van die heiligdom en die diens van die altaar waarneem, sodat daar verder geen toorn oor die kinders van Israel kom nie.
Afrikaans 1983 Net júlle mag die diens by die heiligdom en die altaar waarneem, sodat die toorn van die Here nie weer oor die Israeliete kom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle moet die verpligtinge by die heiligdom en die altaar nakom, sodat die Israeliete nie weer deur 'n oordeel uit toorn getref word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle self moet die werk by die tempel-tent en die altaar doen. Dan sal Ek nie weer kwaad word vir die Israeliete nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar net jy en jou seuns mag diens doen in die heilige deel van die tent en die offers op die altaar bring. As julle dit presies doen soos Ek sê, sal Ek, die Here, nie weer vir Israel straf nie.