Numbers 18:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle moet by jou aansluit en die diens van die tent van samekoms waarneem vir die hele dienswerk van die tent; en 'n vreemdeling mag nie na jou toe kom nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle moet die diens by die tabernakel verrig en hulle pligte uitvoer. Iemand wat nie ’n Leviet is nie, mag egter nie daar naby kom nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar hulle moet by jou aansluit en die diens van die tent van samekoms waarneem: al die dienswerk van die tent; en 'n onbevoegde mag nie na julle toe aankom nie. |
| Afrikaans 1983 | Hulle moet by jou aansluit en die diens by die tent van ontmoeting waarneem, al die werk by die tent. Iemand wat nie daartoe bevoeg is nie, mag nie saam met julle diens doen nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle moet by jou aansluit en die verpligtinge by die Tent van Ontmoeting nakom, ja, al die werk by die tent. Maar 'n onbevoegde persoon mag nie naby julle kom nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Leviete moet by jou wees en hulle moet die werk doen by die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn, hulle moet help met al die werk by die tent. Niemand anders mag naby julle kom nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle is die enigste mense wat julle mag help met die take wat in die tent gedoen moet word. Iemand wat nie ’n Leviet is nie, mag nie daar naby kom nie. |