Numbers 18:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En julle mag daardeur geen sonde dra as julle die beste daarvan wegneem nie; en julle mag die heilige gawes van die kinders van Israel nie ontheilig nie, sodat julle nie sterwe nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Solank jy die beste deel daarvan gee, sal niks teen jou gehou kan word nie. Jy moet nooit die heilige dinge van die Israeliete minag nie, want dan sal jy sterf.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En julle sal daarby geen sonde op julle laai as julle die beste deel daarvan afgee nie; en julle mag die heilige gawes van die kinders van Israel nie ontheilig nie, sodat julle nie sterwe nie. |
| Afrikaans 1983 | Deur die beste daarvan te bring, sal julle nie in hierdie saak oortree nie. Maar julle mag nie die gewyde gawes van die Israeliete ontwy nie, want dan sal julle sterwe.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle sal nie sonde op julle laai wanneer julle die beste daarvan aanbied nie. Maar die heilige gawes van die Israeliete mag julle nie ontheilig nie, anders sterf julle.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer julle die beste deel vir My gegee het, dan doen julle nie verkeerd wanneer julle die deel eet wat julle moet kry nie. Maar julle moenie die gewyde dinge wat die Israeliete offer, ontwy nie. As julle dit doen, dan sal julle sterf.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | So lank as wat julle die beste deel van wat die Israeliete gebring het, vir die Here opsy sit, mag julle die res eet sonder om bang te wees dat julle iets verkeerds doen. Maak net seker dat julle eers die beste deel van die offers vir die Here opsy sit voordat julle die res eet. As julle dit nie doen nie, sal julle doodgemaak word omdat julle iets geëet het wat net aan die Here behoort.” |