Numbers 18:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle moet jou diens waarneem en die diens van die hele tabernakel; maar hulle mag nie naby die voorwerpe van die heiligdom en die altaar kom nie, sodat hulle nie en ook julle ook nie sterwe nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Pas op dat hulle nie aan die ark of enigiets daar by die tabernakel vat wanneer hulle hulle werk daar doen nie. Nóg julle nóg hulle sal dan bly lewe. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle moet jou diens waarneem en die diens van die hele tent; maar naby die voorwerpe van die heiligdom en naby die altaar mag hulle nie kom nie, dat hulle nie sterwe, hulle sowel as julle nie. |
| Afrikaans 1983 | Die Leviete is tot jou beskikking vir al die diens by die tent. Hulle mag egter nie die offergereedskap hanteer om op die altaar te offer nie, want dan sal hulle en julle sterf. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle moet van jou verpligtinge nakom, en ook verpligtinge in verband met die hele •tabernakel. Maar naby voorwerpe van die heiligdom en naby die altaar mag hulle nie kom nie, sodat hulle nie sterf nie – nie hulle nie, en ook nie julle nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Leviete moet jou help met jou werk en met die werk by die hele tent. Maar hulle moenie by die gewyde gereedskap en die altaar kom nie. As hulle dit doen, dan sal hulle én julle sterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle mag julle help met alles wat julle in die tent moet doen. Maak net seker dat hulle nie naby die altaar kom of aan die offergereedskap vat nie, want dan sal julle beslis almal doodgaan. |