Numbers 18:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So moet julle ook 'n hefoffer aan die HERE bring van al julle tiendes wat julle van die kinders van Israel ontvang; en julle moet daarvan die offergawe van die HERE aan die priester Aäron gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | So sal julle van die tiendes wat julle van die Israeliete kry, ook julle offer vir die Here bring. Oorhandig julle tiende daarvan aan die priester Aäron. |
| Afrikaans 1933/1953 | So moet julle ook 'n offergawe aan die HERE afgee van al julle tiendes wat julle van die kinders van Israel neem, en julle moet daarvan die offergawe aan die HERE aan die priester Aäron gee. |
| Afrikaans 1983 | So moet ook julle van al die tiendes wat julle van die Israeliete ontvang, 'n offergawe aan die Here bring. Wat die Here daarvan toekom as offergawe, moet julle aan die priester Aäron gee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So moet ook julle 'n wydingsgeskenk vir die Here aanbied uit al julle tiendes wat julle van die Israeliete ontvang. Julle moet daarvan aan die priester Aäron gee, as 'n wydingsgeskenk vir die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | So sal ook júlle vir My offers bring, julle sal dit gee van al die tiendes wat julle van die Israeliete kry. En die offers wat julle vir My moet bring, moet julle vir die priester Aäron gee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die een tiende van die tiendes wat julle van die Israeliete gekry het, moet julle vir Aäron as sy deel gee. Dit is my manier om vir hom te sorg. |