Numbers 18:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Spreek dan met die Leviete en sê vir hulle: As julle van die kinders van Israel die tiendes neem wat Ek julle van hulle as julle erfdeel gegee het, moet julle 'n hefoffer daarvan aan die HERE bring, 'n tiende deel van die tiende.
Afrikaans (NLV) 2011 “Sê vir die Leviete: Wanneer Ek vir julle die tiendes wat die Israeliete vir My offer, as erfdeel vir julle gee, moet hulle weer ’n tiende daarvan vir die Here gee. Dit is dus ’n tiende van ’n tiende.
Afrikaans 1933/1953 Jy moet ook met die Leviete spreek en aan hulle sê: As julle van die kinders van Israel die tiendes neem wat Ek aan julle van hulle as jul erfdeel gegee het, moet julle daarvan 'n offergawe aan die HERE afgee, 'n tiende van die tiende.
Afrikaans 1983 “Sê vir die Leviete: As julle die tiende wat Ek vir julle as besitting gee, van die Israeliete ontvang, moet julle 'n tiende daarvan as 'n offergawe aan die Here bring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Jy moet met die Leviete praat. Sê vir hulle, ‘Wanneer julle van die Israeliete die tiende ontvang wat Ek vir julle van hulle kant as julle erfenis gegee het, moet julle daarvan 'n wydingsgeskenk vir die Here aanbied – 'n tiende van die tiende.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy moet vir die Leviete sê: Julle sal van die Israeliete die tiendes kry wat Ek vir julle gegee het, dit behoort aan julle. Wanneer julle dit kry, dan moet julle 'n tiende daarvan vir My gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Sê vir die Leviete: Van die tiendes wat hulle van die Israeliete gekry het, moet hulle weer vir My ’n tiende daarvan as spesiale offer vir die Here gee.