Numbers 18:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die tiendes van die kinders van Israel wat hulle as hefoffer aan die HERE bring, het Ek aan die Leviete gegee om te erf; daarom het Ek vir hulle gesê: Onder die kinders van Israel sal hulle geen erfdeel hê nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek gee die tiendes wat die Israeliete vir die Here offer aan die Leviete as hulle deel. Dit is waarom Ek gesê het dat die Leviete nie ’n erfporsie onder die Israeliete kry nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die tiendes van die kinders van Israel wat hulle aan die HERE as offergawe afgee, gee Ek aan die Leviete as erfdeel. Daarom het Ek aangaande hulle gesê: Hulle moet onder die kinders van Israel geen erfdeel kry nie. |
| Afrikaans 1983 | Ek gee aan die Leviete as hulle besitting die tiendes wat die Israeliete as offergawe aan die Here bring. Dit is waarom Ek vir hulle gesê het dat hulle nie 'n deel van die land saam met die Israeliete kry nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | want die tiendes van die Israeliete wat hulle as wydingsgeskenk vir die Here aanbied, gee Ek vir die Leviete as erfenis. Daarom het Ek vir hulle gesê hulle sal nie 'n erfenis tussen die Israeliete ontvang nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Leviete kry die tiendes wat die Israeliete vir My gee, dit is hulle s'n. Dit is hoekom Ek vir die Leviete gesê het dat hulle nie grond kry tussen die ander stamme nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | aangesien Ek die tiendes wat die volk vir My gebring het, vir hulle gee. Dit is hoekom Ek vir hulle sê dat hulle nie ’n deel van die land kry, soos die ander Israeliete nie.” |