Numbers 18:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die Leviete moet die dienswerk van die tent van samekoms verrig, en hulle moet hul ongeregtigheid dra; dit moet 'n ewige insetting wees vir julle geslagte, dat hulle onder die kinders van Israel geen erfdeel het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Leviete moet by die tabernakel werk. Hulle dra die verantwoordelikheid daarvoor. Dit is ’n onveranderlike wet. Hulle sal egter nooit enige grond tussen die Israeliete besit nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die Leviete, die moet die dienswerk by die tent van samekoms verrig, en hulle moet hul ongeregtigheid dra -- 'n ewige insetting in julle geslagte. En onder die kinders van Israel moet hulle geen erfdeel kry nie. |
| Afrikaans 1983 | Die Leviete moet die diens by die tent van ontmoeting behartig, en húlle is aanspreeklik vir hulle eie oortredinge. Dit is 'n vaste instelling, ook vir julle nageslag. Die Leviete kry nie 'n deel van die land saam met die Israeliete nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die Leviete, dit is hulle wat die dienswerk by die Tent van Ontmoeting moet doen. Hulle sal hulle skuld dra. Dit is 'n voorskrif wat altyd geld vir julle nageslag: Tussen die Israeliete mag hulle nie 'n erfenis ontvang nie; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Leviete moet die werk by die tent doen, en wanneer hulle verkeerd doen, dan sal Ek hulle straf. Dit sal altyd so wees, vir julle en vir julle nageslag. Maar hulle kry nie grond tussen die ander stamme nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is net die Leviete wat by die tent mag werk. En hulle sal verantwoordelik wees vir enigiets wat daar verkeerd loop. Dit is ’n reël wat ook vir julle nageslag geld. Die Leviete sal ook nie enige grond in die land kry nie, |