Numbers 18:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die kinders van Israel mag ook nie van nou af naby die tent van samekoms kom nie, sodat hulle nie sonde dra en sterwe nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die Israeliete mag van nou af nie meer by die tabernakel kom nie. Dit sal as ’n oortreding beskou word wat lei tot die dood.
Afrikaans 1933/1953 En die kinders van Israel moet nie meer nader kom na die tent van samekoms om sonde op hulle te laai sodat hulle sterwe nie.
Afrikaans 1983 Die Israeliete mag nie weer naby die tent van ontmoeting diens probeer doen nie, want dan sondig hulle en sal hulle sterwe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Israeliete moenie weer naby die Tent van Ontmoeting kom, om sodoende sonde op hulle te laai en te sterf nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die ander Israeliete mag nou nie meer naby die tent kom waar Ek aan hulle verskyn nie. As een van hulle dit doen, dan doen hy verkeerd en dan moet hy sterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Niemand anders mag dit selfs naby die tent waag waar Ek aanbid word nie. Dan sal hulle doodgaan.