Numbers 18:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En kyk, Ek gee die kinders van Levi al die tiendes in Israel as 'n erfdeel, vir hulle diens wat hulle dien, naamlik die diens van die tent van samekoms.
Afrikaans (NLV) 2011 Vir die werk wat hulle by die tabernakel doen, vergoed Ek die stam van Levi met al die tiendes wat Israel bring.
Afrikaans 1933/1953 En kyk, Ek gee aan die kinders van Levi al die tiendes in Israel as erfdeel vir hulle dienswerk wat hulle verrig, die dienswerk van die tent van samekoms.
Afrikaans 1983 “Vir die dienswerk wat die Leviete in die tent van ontmoeting verrig, gee Ek aan hulle as hulle besitting al die tiendes wat die Israeliete as offergawes bring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En wat die Leviete betref, kyk, Ek gee al die tiendes in Israel as erfenis in ruil vir hulle dienswerk wat hulle doen, die dienswerk by die Tent van Ontmoeting.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Luister, Ek gee vir die Levi-stam al die tiendes wat die Israeliete bring. Die Levi-stam kry dit vir die werk wat hulle moet doen, die werk by die tent waar Ek aan die Israeliete verskyn.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Vir hulle werk in die tent waar Ek aanbid word, gee Ek vir die Leviete die tiendes wat die Israeliete uit hulle besittings vir My bring.