Numbers 18:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE het met Aäron gespreek: Jy sal geen erfdeel in hulle land hê nie, en jy sal geen deel onder hulle hê nie: Ek is jou deel en jou erfdeel onder die kinders van Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het vir Aäron gesê: “Jy sal nie grond kry in julle land nie. Jy sal nie saam met jou volk eiendom besit nie. Ek is jou erfporsie en jou aandeel in Israel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook het die HERE vir Aäron gesê: Jy sal in hulle land nie erwe nie, en jy sal geen deel onder hulle hê nie. Ek is jou deel en jou erfenis onder die kinders van Israel. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het vir Aäron gesê: “Jy ontvang nie 'n deel van die Israeliete se land as besitting nie, jy kry nie 'n deel saam met hulle nie. Jou deel en jou besitting onder die Israeliete ontvang jy uit wat My toekom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het vir Aäron gesê: “In hulle land sal jy nie erf nie; 'n erfdeel sal daar nie vir jou tussen hulle wees nie. Ek is jou erfdeel, jou erfenis tussen die Israeliete. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het ook vir Aäron gesê: “Jy kry nie in die land van die Israeliete grond waar julle kan woon nie, jou stam kry nie grond tussen die ander stamme nie. Ek self sal aan julle behoort, julle sal vir My hê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het ook vir Aäron gesê: “Nie jy of enige van die priesters sal enige grond van julle eie kry in die land waarheen Ek julle vat nie. Ek, die Here, sal sorg dat jy kry wat jy nodig het uit die offers wat vir My gebring word.” |