Numbers 18:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ook jou broers uit die stam van Levi, die stam van jou vader, bring jou saam, dat hulle by jou kan aansluit en jou dien; maar jy en jou seuns saam met jou moet dien voor die tent van die getuienis.
Afrikaans (NLV) 2011 Bring die ander lede van die Levistam en laat hulle by jou aansluit om jou te help. Jy en jou seuns kan dan konsentreer op die tabernakel.
Afrikaans 1933/1953 En laat ook jou broers, die stam van Levi, die stam van jou vader, saam met jou nader kom, dat hulle by jou kan aansluit en jou dien, terwyl jy en jou seuns saam met jou voor die tent van die Getuienis is.
Afrikaans 1983 Jy moet jou Levitiese ampsgenote uit jou stam na jou toe laat kom dat hulle by jou kan aansluit en jou kan help. Jy en jou seuns moet die ampspligte by die tent met die getuienis verrig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Laat ook jou broers, die stam van Levi, die stam van jou vader, saam met jou nader kom, sodat hulle by jou kan aansluit en jou kan bystaan waar jy en jou seuns saam met jou voor die tent met die Getuienis is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet jou ander familie, die Leviete wat die nageslag is van jou voorvader Levi, saam met jou laat nader kom. Hulle moet by jou wees en vir jou werk. Jy en jou seuns saam met jou moet by die tent wees waarin die tien gebooie is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kry manne uit die stam van Levi om jou en jou seuns met julle pligte by die tent te help.