Numbers 18:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Al die hefoffers van die heilige gawes wat die kinders van Israel aan die HERE bring, het Ek aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou gegee as 'n ewige insetting: dit is 'n soutverbond vir ewig voor die aangesig van die HERE vir jou en vir jou nageslag saam met jou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al hierdie heilige offers wat die Israeliete vir die Here bring, gee Ek vir jou en jou kinders. Dit sal altyd julle deel wees. Dit is ’n onverbreekbare ooreenkoms tussen die Here en jou en jou nageslag.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Al die offergawes van die heilige dinge wat die kinders van Israel aan die HERE afgee, gee Ek aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou as 'n ewige insetting. Dit is 'n ewige soutverbond voor die aangesig van die HERE, vir jou en jou nageslag saam met jou. |
| Afrikaans 1983 | Aan jou, jou seuns en jou dogters gee Ek al die gewyde gawes wat deur die Israeliete vir My as offergawes gebring word. Dit is 'n vaste instelling. Dit is my onverbreekbare verbond met jou en jou nageslag.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al die wydingsgeskenke van heilige gawes wat die Israeliete vir die Here aanbied, gee Ek vir jou en vir jou seuns en jou dogters saam met jou as die deel wat julle altyd moet kry. Dit geld as 'n ewige verbond van sout voor die Here vir jou en jou nageslag saam met jou.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het vir jou en jou seuns en jou dogters al die gewyde presente gegee wat die Israeliete vir My bring. Julle sal dit altyd kry. Dit belowe Ek, jy en jou nageslag sal dit altyd kry.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al die spesiale offers wat die Israeliete vir My, die Here, bring, behoort aan jou en jou familie. Dit is ’n vaste reëling, ’n permanente ooreenkoms tussen My en jou en jou nageslag.” |