Numbers 18:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die eersgeborene van 'n bees of die eersgeborene van 'n skaap of die eersgeborene van 'n bok mag jy nie loskoop nie; hulle is heilig; jy moet hulle bloed op die altaar sprinkel en hulle vet verbrand as vuuroffer tot lieflike geur aan die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy mag nie die eersgeborene van ’n bees, ’n skaap of ’n bok loskoop nie. Hulle behoort aan die Here. Hulle bloed moet teen die altaar gesprinkel word en hulle vet as ’n vuuroffer gebring word. Dit is aangenaam vir die Here.
Afrikaans 1933/1953 Maar die eersgeborene van 'n bees of die eersgeborene van 'n skaap of die eersgeborene van 'n bok moet jy nie loskoop nie; heilig is hulle; hulle bloed moet jy uitgooi teen die altaar en hulle vet aan die brand steek as 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
Afrikaans 1983 Maar die eerstelinge van beeste, skape en bokke moet jy nie loskoop nie, hulle is aan My gewy. Jy moet hulle bloed teen die altaar sprinkel en hulle vet as 'n vuuroffer verbrand, 'n offer wat vir My, die Here, aanvaarbaar is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar die eersgeborenes van beeste, skape en bokke moet jy nie laat loskoop nie; hulle is heilig. Hulle bloed moet jy teen die altaar sprinkel en hulle vet moet jy verbrand as 'n geurige offer, 'n offergawe aan die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moenie die eerste bees-kalf of skaap-lam of bok-lam loskoop nie. Hulle is gewyd. Jy moet hulle bloed teen die altaar uitgooi en jy moet hulle vet verbrand. Dit is 'n vuur-offer wat lekker ruik vir die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle mag egter nie die eerstelinge van beeste, skape en bokke loskoop nie. Hulle moet aan My geoffer word. Hulle bloed moet as teken van my vergifnis van julle sondes teen die altaar gesprinkel word en hulle vet moet as ’n vuuroffer op die altaar verbrand word. Ek sal so ’n offer aanvaarbaar vind.