Numbers 18:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die wat losgekoop moet word van 'n maand oud af, moet jy, volgens jou skatting, los vir die geld van vyf sikkels, volgens die sikkel van die heiligdom, dit is twintig gera. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Koop hulle los wanneer hulle ’n maand oud is. Die loskoopprys is 50 gram silwer. Dit is volgens die standaardgewig van die heiligdom. |
| Afrikaans 1933/1953 | En wat die loskoping daarvan aangaan: vanaf 'n maand oud moet jy loskoop, volgens jou skatting, vir 'n geldsom van vyf sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; dit is twintig gera. |
| Afrikaans 1983 | Wat die loskoping betref, jy moet hulle loskoop as hulle 'n maand oud is, elkeen teen die vasgestelde prys van vyf en vyftig gram silwer volgens die standaardgewig van die heiligdom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wat die loskoop daarvan betref: Vanaf 'n maand oud moet jy laat loskoop teen die loskoopwaarde van vyf sikkel silwer volgens die standaardgewig wat in die heiligdom geld, wat twintig gera per sikkel is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As jy 'n seun of 'n dier wil loskoop wanneer hy 'n maand oud is, dan moet jy vyf silwer sikkels betaal, dit moet tempel-sikkels wees wat elkeen 20 gera weeg. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle moet op die ouderdom van een maand losgekoop word, teen die vasgestelde prys van 55 gram silwer per kop volgens die standaardgewigte wat hier by die tent gebruik word. |