Numbers 18:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Alles wat die matriks in alle vlees oopmaak wat hulle na die HERE bring, of dit van mense of van diere is, moet joue wees; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Elkeen, mens of bees, wat eerste gebore word en wat aan die Here afgestaan word, is ook joune. Onthou dat elke mens wat eerste gebore word, losgekoop moet word. Onrein diere se eersteling moet ook losgekoop word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Alles wat die moederskoot open -- alle vlees wat hulle vir die HERE aanbring, mense en diere -- moet joue wees; maar die eersgeborenes van mense moet jy sekerlik loskoop; ook moet jy die eersgeborenes van onrein diere loskoop. |
| Afrikaans 1983 | Elke eersgeborene van mens of dier wat vir die Here gebring word, is joune. Maar elke eersgebore seun en elke eersteling van 'n onrein dier moet jy loskoop. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Elke eersteling van die moederskoot, elke lewende wese wat vir die Here gebring word, kom jou toe, of dit nou mense of diere is. Onthou net, jy moet beslis die eersgeborenes van mense laat loskoop, en die eersgeborenes van •onrein diere mag jy laat loskoop. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer die Israeliete die oudste seun of die eerste kleintjie van 'n dier vir My bring, dan is dit joune. Maar jy moet elke oudste seun en elke eerste kleintjie van 'n onrein dier loskoop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die eersgebore kinders, of dit nou mens of dier is, wat aan die Here gewy word, behoort ook aan julle. Maar hier werk dit so: die eersgebore kinders en die eerstelinge van die onrein diere moet losgekoop word, sodat hulle kan teruggaan na hulle ouers en eienaars toe. |