Numbers 18:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Al die beste van die olie en al die beste van die wyn en van die koring, die eerstelinge daarvan wat hulle aan die HERE sal offer, dit het Ek aan jou gegee.
Afrikaans (NLV) 2011 “Al die beste olyfolie, wyn en graan wat vir die Here gebring word, gee Ek ook vir jou.
Afrikaans 1933/1953 Al die beste van die olie en al die beste van die mos en die koring, die eerste daarvan wat hulle aan die HERE gee, dit gee Ek aan jou.
Afrikaans 1983 “Ek gee ook aan jou die beste van al die olie, die wyn en die koring wat deur die Israeliete uit hulle eerste opbrengs vir die Here gebring word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al die beste olie, al die beste •nuwe wyn en koring – die eerste opbrengs daarvan wat hulle vir die Here gee, gee Ek vir jou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer die Israeliete van die eerste olyf-olie, wyn en koring vir My bring, dan gee Ek vir jou die beste daarvan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ook die eerste opbrengs van die jaarlikse oeste wat hulle altyd vir My bring, behoort aan julle. Dit sluit in olyfolie, wyn en koring.