Numbers 18:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit is joune; die hefoffer van hulle gawe saam met al die beweegoffers van die kinders van Israel; Ek gee dit aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou, volgens 'n ewige insetting: elkeen wat rein is in jou huis daarvan sal eet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die offers wat die Israeliete vir My bring wat na My uitgehou word by die altaar, behoort ook aan jou. Ek gee dit vir jou en jou seuns en jou dogters. Dit is ’n vaste instelling. Almal in jou huis wat rein is, mag daarvan eet. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit moet ook joue wees: die offergawe van hulle geskenke, van al die beweegoffers van die kinders van Israel; Ek gee dit aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou as 'n ewige insetting. Elkeen wat rein is in jou huis, mag dit eet. |
| Afrikaans 1983 | “Verder behoort elke offergawe wat die Israeliete as beweegoffer bring, aan jou. Ek gee dit vir jou en jou seuns en jou dogters. Dit is 'n vaste instelling. Elkeen in jou huis wat rein is, mag daarvan eet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die volgende kom jou toe: Wydingsgeskenke wat hulle gee, al die gewyde gawes van die Israeliete gee Ek aan jou en aan jou seuns en dogters wat saam met jou is, as 'n deel wat julle altyd moet kry. Elkeen in jou huis wat rein is, mag daarvan eet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elke beweeg-offer wat die Israeliete vir My gee, is ook joune. Ek gee dit vir jou en jou seuns en jou dogters saam met jou. Dit moet altyd so wees. Elkeen in jou huisgesin wat rein is, mag daarvan eet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Daar is nog ander offers wat ook aan julle behoort. Al die offers wat die Israeliete bring wat heen en weer voor My beweeg word, behoort ook aan jou en jou seuns en dogters. Elkeen in jou huis wat voldoen aan my voorskrifte om My te dien by die tent waar Ek aanbid word, mag daarvan eet. Dit is weereens ’n vaste reëling wat vir altyd geld. |