Numbers 18:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In die Allerheiligste moet jy dit eet; al wat manlik is, moet dit eet; heilig moet dit vir jou wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle kan dit eet. Julle moet dit egter sien as iets wat besonder heilig is. Al die mans mag daarvan eet. Dit moet vir jou iets heiligs wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | In 'n hoogheilige plek moet jy dit eet; almal wat manlik is, mag dit eet; heilig moet dit vir jou wees. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer jy dit eet, moet jy onthou dat dit besondere gewyde gawes is. Elke manspersoon uit jou familie mag dit eet. Dit moet ook vir jóú gewyde gawes wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op 'n besonder heilige plek moet jy dit eet. Elke manspersoon mag dit eet. Dit moet vir jou iets heiligs wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is hoog-gewyde dinge, maar julle mag dit eet. Elke man of seun in jou familie mag dit eet. Dit moet vir julle gewyde dinge wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierdie dele van die offers wat julle toekom, moet julle in ’n afgesonderde plek eet. Julle moet onthou dat hierdie kos baie spesiaal is omdat dit eintlik aan My behoort. Slegs die mans mag daarvan eet. |