Numbers 18:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE het vir Aäron gesê: Jy en jou seuns en jou vader se huis saam met jou moet die ongeregtigheid van die heiligdom dra; en jy en jou seuns saam met jou moet die ongeregtigheid van julle priesterskap dra. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het met Aäron gepraat: “Jy en jou seuns en jou stam sal verantwoordelik gehou word vir oortredings teen die heiligdom. Jy en jou seuns dra ook verantwoordelikheid vir die priesterwerk. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE het vir Aäron gesê: Jy en jou seuns en die huis van jou vader saam met jou moet die ongeregtigheid met betrekking tot die heiligdom dra; en jy en jou seuns saam met jou moet die ongeregtigheid met betrekking tot julle priesteramp dra. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het vir Aäron gesê: “Jy en jou seuns, en jou stam saam met jou, word aanspreeklik gehou vir oortredings teen die heiligdom, maar net jy en jou seuns word aanspreeklik gehou vir oortredings teen die priesteramp wat deur julle beklee word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het vir Aäron gesê: “Jy, jou seuns en jou familie saam met jou – julle sal die gevolge dra van sonde teen die heiligdom; en jy en jou seuns saam met jou sal die gevolge dra van sonde in verband met julle priesterdiens. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Aäron gesê: “Wanneer iemand iets verkeerd doen by die tempel-tent, dan sal dit jou en jou seuns en jou familie se skuld wees. Wanneer 'n priester iets verkeerd doen, dan sal dit jou en jou seuns se skuld wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het vir Aäron gesê: “Jy en jou seuns en julle familielede uit die stam van Levi sal verantwoordelik gehou word as enigiets met die werk by die tent waar Ek aanbid word, verkeerd loop. Maar net jy en jou seuns sal in die moeilikheid wees as iets verkeerd loop in die werk van die priesters. |