Numbers 17:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Moses al die latte voor die aangesig van die HERE na al die kinders van Israel uitgebring, en hulle het gekyk en elkeen sy staf geneem.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het al die stokke wat voor die Here was, uitgebring na die Israeliete toe. Elke leier het na sy stok kom kyk en dit gevat.
Afrikaans 1933/1953 Toe bring Moses al die stawe wat voor die aangesig van die HERE was, na al die kinders van Israel toe uit; en hulle het dit gesien en elkeen sy staf geneem.
Afrikaans 1983 Moses het toe al die kieries wat in die heiligdom was, na Israel toe uitgebring, en hulle het dit gesien, en elke leier het sy eie kierie gevat.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het toe al die stawwe wat voor die Here was, na al die Israeliete toe uitgebring. Hulle het dit gesien en elkeen het sy staf geneem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses bring toe die kieries uit die tent na die Israeliete toe. Hulle het na die kieries gekyk, en elke leier het sy eie kierie geneem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses het al die kieries uit die tent uitgevat en hulle vir die volk gaan wys. Daarna het elke leier sy eie kierie teruggevat.