Numbers 17:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Moses het met die kinders van Israel gespreek, en elkeen van hulle owerstes het aan hom elkeen 'n staf gegee, vir elke owerste een, volgens hulle families, twaalf latte; en die staf van Aäron was tussen hulle stafies.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het toe aan die Israeliete die opdrag gegee dat elkeen van die leiers van die twaalf stamme vir hom ’n stok moes bring met hulle naam daarop. Aäron se stok was ook tussen hulle.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het Moses met die kinders van Israel gespreek; en al hulle owerstes het hom 'n staf gegee, vir elke owerste een volgens hulle stamme, twaalf stawe. Aäron se staf was ook onder hulle stawe.
Afrikaans 1983 Moses het toe met die Israeliete gepraat, en hulle leiers het vir hom twaalf kieries gegee, een vir die leier van elkeen van die twaalf stamme. Aäron se kierie was ook onder hulle.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het met die Israeliete gepraat, en al hulle leiers het vir hom 'n staf gegee, vir elke leier een staf, volgens hulle stamme, twaalf stawwe. En die staf van Aäron was ook onder hulle stawwe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het toe met die Israeliete gepraat, en elke leier het vir hom 'n kierie gegee. Daar was twaalf kieries, een kierie vir elke leier, en Aäron se kierie was ook daarby.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses het vir die volk vertel wat die Here gesê het. Elke stamleier het toe vir hom ’n kierie gebring. Aäron het ook sy kierie gebring, sodat daar twaalf kieries was, een vir elke stam.