Numbers 17:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit sal gebeur dat die staf van die man wat Ek sal uitkies, sal bloei; en Ek sal die murmureringe van die kinders van Israel waarmee hulle teen julle murmureer, vir My laat ophou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar sal bloeisels uitkom uit die stok van die leier wat Ek verkies. Ek sal ’n einde maak aan die Israeliete se opstand teen julle.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die staf van die man wat Ek uitkies, sal bloei; en Ek sal die murmureringe van die kinders van Israel wat hulle teen julle murmureer, stilmaak teenoor My. |
| Afrikaans 1983 | Die kierie van die man wat Ek uitkies, sal bot, en so sal Ek 'n einde maak aan die Israeliete se aanhoudende verset teen julle.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En die man wat ek kies, sy staf sal bot. Ek wil ontslae raak van die gekerm van die Israeliete, wat voortdurend teen julle mor.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal 'n man kies om priester te wees, en sy kierie sal takkies en blare kry. So sal Ek die Israeliete laat ophou om altyd vir julle te beskuldig.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal die kierie van die persoon wat Ek uitkies om priester te wees, laat groei. Op dié manier sal Ek ’n einde maak aan die Israeliete se voortdurende gekerm en gekla teen jou en Aäron.” |