Numbers 17:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet die naam van Aäron op die staf van Levi skryf, want een staf moet vir die hoof van die huis van hulle vaders wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Skryf Aäron se naam op die stok van die Levistam. Daar moet ’n stok wees vir elkeen van die leiers van die stamme.
Afrikaans 1933/1953 En Aäron se naam moet jy skrywe op die staf van Levi; want een staf moet daar wees vir hulle stamhoof.
Afrikaans 1983 Op Levi se kierie moet jy Aäron se naam skryf. Daar moet net een kierie vir elke stam wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aäron se naam moet jy op die staf van Levi skryf, want daar is net een staf vir 'n stamhoof.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en jy moet Aäron se naam op die Levi-familie se kierie skryf, want daar moet een kierie wees vir elke stamhoof.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar jy moet Aäron se naam op Levi se kierie skryf omdat daar net een kierie vir elke stam mag wees.