Numbers 17:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Spreek met die kinders van Israel en neem van elkeen van hulle 'n staf volgens die huis van hulle vaders, van al hulle owerstes volgens die huis van hulle vaders twaalf latte; skryf elkeen se naam op sy staf. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Vat twaalf stokke, een vir die leier van elke stam van Israel. Skryf die naam van die leier van elkeen van die stamme daarop. |
| Afrikaans 1933/1953 | Spreek met die kinders van Israel en neem van hulle vir elke stam 'n staf, van al hulle owerstes volgens hulle stamme, twaalf stawe; elkeen se naam moet jy skrywe op sy staf. |
| Afrikaans 1983 | “Vra vir die Israeliete twaalf kieries, een vir die leier van elkeen van die twaalf stamme. Skryf die naam van elke leier op sy kierie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Praat met die Israeliete, en kry by hulle stawwe, 'n staf vir elke stam; kry dit van al die leiers van hulle stamme – twaalf stawwe. Elkeen se naam moet jy op sy staf skryf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Praat met die Israeliete en vra vir elke stamhoof 'n kierie, jy moet een kierie van elke stamhoof kry, daar moet twaalf kieries wees. Jy moet elkeen se naam op sy kierie skryf |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Sê vir die twaalf leiers van die stamme om elkeen vir jou ’n kierie te bring. Jy moet elke leier se naam op sy kierie skryf. |