Numbers 17:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Elkeen wat enigiets naby die tent van die HERE kom, sal sterwe; sal ons deur sterwe omgaan? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Elkeen wat maar net naby die tabernakel van die Here kom, sal doodgaan. Ons is verdoem om dood te gaan!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Elkeen wat enigsins nader kom na die tabernakel van die HERE, sal sterwe. Is ons dan geheel en al daarvoor bestemd om weg te sterwe? |
| Afrikaans 1983 | Elkeen wat maar net naby die tabernakel van die Here kom, sal sterwe. Is dit dan heeltemal klaar met ons?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Elkeen wat enigsins nader gaan na die •tabernakel van die Here, sal sterf. Is ons dan almal bestem om te vergaan?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elke persoon wat naby die tempel-tent van die Here kom, sal sterf. Hoekom moet ons almal sterf?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons kan dit nie eens naby die tent van die Here waag om te offer sonder om dood te gaan nie. Ons sal almal net hier doodgaan.” |