Numbers 17:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE het vir Moses gesê: Bring die staf van Aäron terug voor die Getuienis, om dit as 'n teken teen die opstandelinge bewaar te word; en jy moet hulle gemurmureringe van my wegneem, dat hulle nie sterwe nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het vir Moses gesê: “Sit Aäron se stok weer terug voor die ark. Laat dit ’n teken wees vir dié wat in opstand kom. Mag dit ’n einde bring aan die geklaery teen My anders sal dit nog hulle dood veroorsaak.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop het die HERE vir Moses gesê: Bring die staf van Aäron terug voor die Getuienis om dit te bewaar as teken vir die wederstrewiges, en bevry My eindelik van hulle murmureringe, dat hulle nie sterwe nie. |
| Afrikaans 1983 | Die Here sê toe vir Moses: “Sit Aäron se kierie terug voor die getuienis, en bêre dit as teken vir die opstandiges. So moet jy 'n einde maak aan hulle verset teen My, sodat hulle nie sterwe nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het vir Moses gesê: “Sit Aäron se staf weer terug voor die Getuienis om dit te bewaar as teken vir die opstandiges. Jy moet 'n einde maak aan hulle gekerm by My, sodat hulle nie sterf nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En die Here het vir Moses gesê: “Jy moet Aäron se kierie terugsit voor die kis waarin die tien gebooie is. Dit moet daar bly om 'n teken te wees vir opstandige mense. Hulle moet weet dat as hulle nie ophou om vir julle te beskuldig nie, dan sal hulle sterf.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sê die Here vir Moses: “Sit Aäron se kierie terug in die verbondsark as ’n bewys vir enigiemand wat weer in opstand teen julle wil kom. Bring nou dadelik ’n end aan almal se opstandigheid teen My, want as hulle nie daarmee ophou nie, gaan daar beslis nog meer mense doodgaan.” |