Numbers 16:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Is dit vir julle maar 'n geringe ding dat die God van Israel julle van die vergadering van Israel afgesonder het, om julle nader aan Homself te bring om die diens van die tabernakel van die HERE te verrig en voor die vergadering te staan om hulle te dien?
Afrikaans (NLV) 2011 Beteken dit dan niks vir julle dat die God van Israel julle vir Hom uit die gemeenskap van Israel eenkant gesit het nie? Hy het dit gedoen sodat julle naby Hom kan wees om Hom namens die gemeenskap by sy tabernakel te dien!
Afrikaans 1933/1953 Is dit julle nie genoeg dat die God van Israel julle uit die vergadering van Israel afgeskei het om julle na Hom te laat nader kom, om die dienswerk van die HERE se tabernakel te verrig en te staan voor die vergadering om hulle te dien nie,
Afrikaans 1983 Is julle nie daarmee tevrede dat die God van Israel júlle uit die gemeente van Israel afgesonder het om in die heiligdom diens te doen en om die dienswerk in die tabernakel van die Here te verrig in belang van die gemeente vir wie julle bedien nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Is dit nie vir julle genoeg nie dat die God van Israel julle afgesonder het van die volksvergadering van Israel om julle na Hom te laat nader kom om tabernakeldiens vir die Here te doen, en om diensbaar te wees aan die volksvergadering deur hulle by te staan?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die God van Israel het vir julle uit die volk Israel geneem om naby Hom te kom. Julle moet die werk in die tempel-tent van die Here doen, julle moet dit doen vir die volk. Wat wil julle nog meer hê?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Is julle nie tevrede daarmee dat die God van Israel julle tussen al die ander mense uitgekies het om in die tent van aanbidding namens die volk op te tree en hulle te bedien nie?