Numbers 16:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En gooi vuur daarin en gooi reukwerk daarin voor die aangesig van die HERE, en die man wat die HERE uitkies, hy moet heilig wees; julle neem te veel op julle, seuns van Levi.
Afrikaans (NLV) 2011 Môre moet julle dan vuurkole daarin sit en voor die Here kom en wierook daaroor sprinkel. Die een vir wie die Here kies, sal die een wees wat vir Hom afgesonder is. Dit is eerder julle Leviete wat te veel van julleself dink!”
Afrikaans 1933/1953 en gooi daar môre vuur in en lê daar reukwerk op voor die aangesig van die HERE; dan sal die man wat die HERE uitkies, die heilige wees. Dit is nou genoeg, kinders van Levi!
Afrikaans 1983 sit vuur daarin, plaas wierook daarop en bring dit altaar toe. Die man vir wie die Here verkies, is die gewyde. Julle Leviete matig julle te veel aan!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sit môre kole vuur daarin; gooi reukwerk daarop in die teenwoordigheid van die Here. Die man wat deur die Here gekies word, hy is die heilige. Julle het nou te ver gegaan, Leviete!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en julle moet kole in die panne sit. Dan moet julle wierook bo-op die kole sit en julle moet die panne na die altaar bring. Julle moet dit môre doen. Die Here sal self kies wie gewyd is. Leviete, julle moenie alles self wil doen nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ***