Numbers 16:50 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Aäron het na Moses teruggekeer na die ingang van die tent van samekoms, en die plaag is opgehou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die plaag ophou, het Aäron teruggegaan na Moses by die ingang van die tabernakel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop gaan Aäron na Moses terug by die ingang van die tent van samekoms; en die plaag is gestuit. |
| Afrikaans 1983 | Aäron is toe terug na Moses toe by die ingang van die tent van ontmoeting. Die plaag was verby. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Aäron het na Moses toe teruggegaan by die ingang van die Tent van Ontmoeting, en so is die plaag gestuit. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Aäron het teruggegaan na Moses by die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Daar het nie nog mense gesterf nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die epidemie opgehou het, is Aäron terug na Moses toe waar hy by die ingang van die tent gestaan het waar die Here aanbid word. |