Numbers 16:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het met Korag en met sy hele menigte gespreek en gesê: Môre sal die HERE te kenne gee wie syne is en wie heilig is; en hom tot hom laat nader kom; ook hom wat hy uitverkies het, sal hy tot hom laat nader kom.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het vir Korag en almal wat met hom saamgespan het, gesê: “Môre-oggend sal die Here wys wie aan Hom behoort en wie vir Hom afgesonder is. Hy sal dié vir wie Hy verkies het, toelaat om naby Hom te kom.
Afrikaans 1933/1953 en hy het met Korag en sy hele bende gespreek en gesê: M“re vroeg, dan sal die HERE bekend maak wie Hom toebehoort en wie die heilige is, en wie Hy na Hom laat nader kom: wie Hy uitkies, sal Hy na Hom laat nader kom.
Afrikaans 1983 Daarna het hy vir Korag en sy hele bende gesê: “Môreoggend sal die Here die persoon aanwys wat aan Hom behoort en wat gewy is en sal Hy hom toelaat om by die altaar te kom. Die persoon wat Hy verkies, sal Hy na die altaar toe laat kom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het met Korag en sy hele bende gepraat en gesê: “Môreoggend sal die Here bekend maak wie aan Hom behoort en wie heilig is; Hy sal daardie persoon na Hom laat nader kom. Die een wat Hy kies, sal Hy na Hom laat naderk om.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy sê toe vir Korag en al sy vriende: “Die Here sal môre wys wie aan Hom behoort en gewyd is. Hy sal wys vir wie Hy gekies het om vir Hom offers te bring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna het hy vir Korag en sy trawante gesê: “Môreoggend sal die Here die persoon aanwys wat Hy uitgekies het om die leier van hierdie volk te wees asook die persoon wat Hy afgesonder het om namens die volk offers op die altaar te bring. Die Here sal die persone wat Hy uitgekies het, toelaat om Hom by sy altaar te ontmoet.