Numbers 16:47 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Aäron het geneem soos Moses beveel het en in die middel van die vergadering ingehardloop; en kyk, die plaag het onder die volk begin, en hy het reukwerk opgesit en vir die volk versoening gedoen.
Afrikaans (NLV) 2011 Aäron het gemaak soos Moses vir hom gesê het. Hy het tussen die mense in gehardloop. Die plaag het toe reeds onder hulle losgebreek. Aäron het egter die wierook laat brand en versoening begin doen vir die volk.
Afrikaans 1933/1953 Toe neem Aäron dit soos Moses gespreek het en hardloop onder die vergadering in, en kyk, die plaag het al onder die volk begin! En hy het die reukwerk daarop gelê en versoening gedoen vir die volk.
Afrikaans 1983 Aäron het gedoen soos Moses gesê het en tussen die gemeente in gehardloop. Die plaag het toe reeds onder die volk begin woed, maar Aäron het die wierook geoffer en vir die volk versoening gedoen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aäron het dit geneem, soos Moses gesê het, en tot in die middel van die byeenkoms gehardloop; en inderdaad, die plaag het reeds onder die volk begin! Maar hy het die reukwerk op die kole gegooi en vir die volk versoening gedoen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Aäron het gedoen wat Moses gesê het. Die mense het begin sterf, maar Aäron het tussen hulle ingehardloop en hy het die wierook gebrand en versoening gedoen vir hulle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Aäron het toe tussen die mense ingehardloop met sy vuurbak. Alhoewel die siekte al begin toeslaan het, het hy ter wille van hulle die wierook geoffer om by die Here vir hulle in te tree en vergifnis vir hulle sondes te bewerk.