Numbers 16:46 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Moses vir Aäron: Neem 'n wierookbak en gooi vuur van die altaar af daarin, en sit reukwerk op, en gaan gou na die vergadering en doen vir hulle versoening, want daar het toorn van die HERE uitgegaan; die plaag het begin.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het vir Aäron geskreeu: “Vat gou ’n vuurpan en sit vuur daarop van die altaar af. Strooi wierook daaroor en beweeg vinnig tussen die mense in. Doen versoening vir hulle. Die Here se woede het onder hulle losgebreek. Die plaag het al klaar begin.”
Afrikaans 1933/1953 en Moses sê vir Aäron: Neem die vuurpan en gooi vuur van die altaar daarin en lê reukwerk daarop, en bring dit gou na die vergadering en doen versoening vir hulle; want die toorn het van die HERE se aangesig uitgegaan, die plaag het begin!
Afrikaans 1983 Moses sê toe vir Aäron: “Vat 'n vuurpan, sit vuur van die altaar af daarin en plaas wierook daarop en gaan gou na die gemeente toe en doen vir hulle versoening. Die toorn van die Here het reeds ontvlam en Hy het hulle met 'n plaag begin straf.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en Moses het vir Aäron gesê: “Vat die vuurpan, sit gloeiende kole van die altaar daarop en gooi reukwerk daaroor. Gaan dadelik na die volksvergadering en doen vir hulle versoening, want 'n oordeel uit toorn het van die Here uitgegaan; die plaag het begin.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê Moses vir Aäron: “Neem 'n pan en sit daarin van die kole wat op die altaar is. Sit dan wierook bo-op en gaan gou na die volksvergadering toe en doen versoening vir hulle. Die Here is baie kwaad, en daar is mense wat begin sterf.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe sê Moses vir Aäron: “Maak gou! Vat jou bak en skep van die kole van die altaar af en gooi van die wierook daarin. Hardloop dan daarmee na die volk toe en vra namens hulle dat die Here hulle sonde sal vergeef. Want die Here se woede het al klaar oor hulle losgebars. Kyk, Hy straf hulle met ’n dodelike siekte wat oral onder die mense uitbreek.”